DANNY SMOKE LIKE DIT DIK STUKKE!

Danny Smoke het die musiekbedryf behoortlik getref met sy twee onglangse treffers “Carina” en “Yskas Skuif” wat nou nog aand na aand geniet word op ‘n dansvloer.
 
Nou is Danny reg om dit verder te vat met sy nuwe enkelsnit “Dik Stukke” wat nou beskikbaar is met ‘n musiekvideo.
 
Dik Stukke” gaan oor liefde in Afrikaans. Nostalgies, fun, warm en eg! Die lirieke is ‘n manier om vir iemand te verduidelik hoe baie jy van hulle hou. Of dit nou nuwe liefde of jare lange liefde is. Vir jou vrou of man, tjommie, kind, brandewyn of bakkie”, vertel Danny opgewonde oor hierdie warm nommertjie.
 
“Dik Stukke” is vervaardig deur Murray Lubbe en geskryf deur Danny Smoke saam met welbekende liedjieskrywers Don Kelly, Murray Lubbe en Dirkie Gildenhuys.
 
Maak gereed om die danvloer nou behoorlik warm te dans, want jy gaan hierdie nuwe enkelsnit “Dik Stukke” geniet.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter