NOU GETROUD, HANG WILMA AAN HAAR MAN SE LIPPE!

Wilma van Heerden het onlangs met die liefde van haar lewe getrou, en dit gedurende die tyd toe sy die perfekte liedjie geskryf het – “Hang Aan Jou Lippe” wat nou beskikbaar is met ‘n musiekvideo.
 
Jy het haar vorige treffers soos “SySoen”, “Maklike Wiskunde” en “Koebaai Aan My Hart” reeds gehoor, maar maak gereed vir ‘n nuwe vars klank wat Wilma geskep het met hierdie enkelsnit. Jy gaan lekker verras wees hoe sy haar oorspronklike pop-klank nou gemeng het met ekstra country-klanke!
 
Hang Aan Jou Lippe” is geskryf deur Wilma self, asook Nicholas Jordaan en Hugo Ludik en is vervaardig deur Muse Studios wat haar vorige treffers ook vervaardig het.
 
Hierdie liedjie kon nie op ‘n beter tyd kom terwyl Wilma nou haar getroude-avontuur najaag saam met haar geliefde Dewalt nie, want ons kan ook op haar baie sterk sosiale media sien hoe dié twee aan mekaar se lippe hang.
 
So, dalk gaan hierdie liedjie maak dat jy ook bietjie meer aan jou ander helfde se lippe hang.

Wilma_Cover

HUIS TOE DRA

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter