MET “AFRIKAANS IS ALLES” SÊ KURT DARREN DANKIE AAN DIE AFRIKAANSE TAAL EN KULTUUR WAT SY SUKSESVOLLE MUSIEKLOOPBAAN VAN MEER AS DRIE DEKADES GEVORM HET.

Kurt Darren sê “Afrikaans is Alles” is ‘n liefdesbrief aan die Afrikaanse taal, kultuur en mense wat die sanger se vermaakloopbaan van byna drie dekades ondersteun. Die liedjie se kenmerkende Kurt-voetstampritme en beskrywende lirieke sê dit soos dit is – Afrikaans is mooi! Met verwysings na onder andere sekelbosvure, geelvetbiltong en sokkiedans, beskryf Kurt alles waarvoor hy lief is in Afrikaans.

Sy twee jong spruite, Kyrah en Kade, se soet stemme verskyn ook in dié goedvoel-liedjie. “Afrikaans is Alles” is ‘n ritmiese popliedjie met lirieke wat Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se hartsnare sal roer en die liefde vir ‘n eeue-oue taal weer aanwakker.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter