JAN JAN BRING NOU AL DIE YSTERS

Dit is geen geheim dat ‘n Suid-Afrikaanse braai net soveel lekkerder is met ‘n bietjie “Wys jou Vleis”, “Ek bly ‘n Boer” en “Gooi Mielies” op die “Spyskaart” nie!  “AL DIE YSTERS” is die eerste volle album deur Jan Jan Jan. Daar is geen twyfel dat Suid-Afrikaners op musiek staatmaak vir ontspanning nie en Jan Jan Jan se debuut-album sal nie teleurstel nie. Die splinternuwe enkelsnit getiteld, “Al die Ysters” en verskeie verwerkings van ouer Afrikaanse gunstelinge – in die groep se unieke klank – beloof uiterse luistergenot!

Die belangrikste bestanddeel in Jan Jan Jan se musiekresep is dat die groep hulself onderskei, deur nie net musiek te maak wat gemaklik op die oor val nie maar deur komiese storielyne in hulle musiekvideo’s. Met “Al die Ysters” raak die Janne bietjie meer filosofies en skemer ‘n meer ernstige kant van die groep deur. Die liedjie herinner ons daaraan dat ons almal die spreekwoordelike ‘Ysters in die vuur’ het en dat die lewe op die oomblik ietwat meer onstuimig kan wees. Ten spyte hiervan laat ons nie toe dat dit ons geeste demp of onderkry terwyl ons voortbeur deur alles wat die lewe na ons kan gooi nie. Gevolglik is elkeen ook ‘n “Yster” om die vuur! Juis daar waar ons dikwels oortuigings deel, saam droom oor die toekoms en terselfdetyd vir mekaar en onsself lag – laasgenoemde so kenmerkend van ons Afrikaners. Die pioniers van ons tyd is diegene wat deur beide die goeie en slegte tye by mekaar staan!

LangJan, KleinJan en MooiJan omsluit elk ‘n duidelike JAN-beeld. In wese is hulle elkeen in eie reg ‘n yster om die vuur! Daar is geen twyfel dat Jan Jan Jan se debuut-album ‘n bevredigende luisterervaring sal bied nie. Selfs ‘n “Laurika Rauch-mash-up” maak deel uit van die ou gunstelinge! Die album gaan hierdie feesseisoen die langpad sommer baie korter en die kuiers BAIE lekkerder maak!

AlDieYsters

AL DIE YSTERS

JAN JAN JAN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter