GOEDVOEL AFRIKAANSE COUNTRY-POP VAN BELOWENDE NUWELING

Die koor tref jou soos ‘n storm. Vol vryheid en jong liefde.
 
Dit maak jou lus om te gaan vas sit in die duine in ‘n dubbelkajuit-bakkie aan die wilde weskus. Dit voel soos klas bank terwyl jy aan die passasierskant uithang met jou oë toe. Dis net goeie tye, goeie deuntjies en nagritte tot die son op kom. Onlangs gegradueer, het Armand Barnard saamgespan met vervaardiger, Fred Den Hartog (Die Heuwels Fantasties, Droomsindroom) en skrywer, Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties) om ‘n endorfienvrystellingskreet saam te stel vir ‘n epiese langpad rit. So sit jou voete op die dashboard, draai die volume op en hou vas jou wange, want die tune klap!
 
Alles is “A – Okay” met Armand Barnard so gaan luister die tune nou kliphard!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter