BOER RICHANN & RENÉ: NOMMER 1 & 10K KYKE BINNE 48 UUR!

Boer Richann het dalk ‘n metgesel gesoek, maar is aan die anderkant uit met soveel meer. Haar naam is René en saam het hulle iets in gemeen wat SA behoorlik aan die gons het – Hulle eerste enkelsnit “Vrystaat Vlaktes”!

Dis reg! Richann en René, nou bekend as Reën, het net na die laaste episode, die reünie van Boer Soek ‘n Vrou (kykNET) op Donderdag, 15 April hulle eerste enkelsnit “Vrystaat Vlaktes” bekendgestel. Dit het Suid-Afrikaners dadelik aan die gons gehad en binne 24 uur het dié treffer-lied sy nommer een posisie geneem op die Apple Music-trefferlys asook in die iTunes algehele Top 30-trefferlys en pronk nogsteeds in dié twee posisies.

“Ons kan dit regtig nie glo dat ons liedjie Nommer een is op Apple Music nie. Ons is so ongelooflik dankbaar vir almal se ondersteuning en positiewe kommentaar, maar ook baie gelukkig om ‘n ongelooflike span agter ons te hê wat die ding dryf. Dankie julle!” – Richann

En hoe gepas is dit nie dat hulle hulde bring aan hierdie pragtige Suid-Afrikaanse landskap in hulle musiekvideo wat hulle twee onwetend bymekaar uitgebring het nie. Dis reg, op 17 April het hulle die liedjie ook bederf met ‘n pragtige musiekvideo wat eksklusief vrygestel is op #KraakVars (kykNET NOU!) en binne enkele ure is die musiekvideo reeds meer as 10,000 keer gekyk op YouTube deur getroue ondersteuners.

“Wat n ongelooflike voorreg! Dis so amazing om al die mooi boodskappe en terugvoer te lees. Ek voel so Geseën en kan nie glo dat Vrystaat Vlaktes so goed ontvang word nie. My hart loop oor van absolute dankbaarheid. Ek kan net dankie sê! Dankie dankie dankie!” – René

Albei maak al vir ‘n geruime tyd musiek uit die liefde van die saak, maar het duidelik net gewag vir daardie een spesiale persoon om dit tot die volgende vlak te neem! En nou deel hulle hulle eie storie met jou! Kyk uit vir Reën, want hier kom nog groot dinge en lekker musiek!

Reen

VRYSTAAT VLAKTES

VRYSTAAT VLAKTES | DIE VIDEO

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter