HARDWERKENDE BOER STEL JOU VOOR AAN JUFFROU RIEKIE LOUW!

Vars uit die Vrystaat, maak Wentzel, ‘n regte egte plaasboer sy verskyning in die musiekbedryf met sy enkelsnit ‘Juffrou Riekie Louw’. Volgens hierdie liedjie is ‘Juffrou Riekie Louw’ baie soos Brandewyn: Altyd daar vir jou, deur goed en sleg. Altyd lekker op die lippe. Altyd daar om jou slim te maak.

Wentzel boer net buite Winburg en hy geniet die plaaslewe, veral omdat hy met diere kan werk en omdat hy tyd saam met sy familie kan spandeer. Terselfdetyd het hierdie vriendelike en hardwerkende man ‘n liefde vir musiek. Hy het op skool al kitaarlesse geneem en geleer om liedjies te skryf, sy stories te vertel en mense te vermaak. En jy’t reg geraai, sy nuutste liedjie ‘Juffrou Riekie Louw’ gaan tuis wees by elke jag, visvang, braai en kuier waar ‘n paar slukkies brandewyn genuttig word.

So ontmoet ‘Juffrou Riekie Louw’ wanneer Wentzel haar aan jou voorstel met ‘n Vrystaat-glimlag en kitaar in die hand.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter