WIKUS BOTMA OP ALMAL SE LIPPE

Wikus Botma het groot opskudding gemaak toe hy op Jacaranda FM en Bok Radio ‘n draai gemaak het. Die reaksie was massief en Wikus het ‘n ooreenkoms met Sony Music Africa Entertainment en die vader van Afrikaanse musiek, Kosie van Niekerk (Platinum Musiek) gesluit.

Sy weergawe van Brandi Carlile ‘The Story’ het ook reeds meer as 400 000+ trefslae op YouTube ontvang – so dat Carlile self postiewe kommentaar gelewer het op sy weergawe op TikTok en Instagram.

Nou betree Wikus die musiekbedryf met sy eie oorspronklike debuut ‘Brannewynlippe’ en beloof om dié Somer een van die grootste treffers te wees by ‘n partytjie. ‘n Produksie van hoë gehalte wat saamval met ‘n opvallende koor en eienaardige tema wat die perfekte komninasie is vir ‘n uitklophou. Wikus weet beslis hoe om ‘n verklaring te maak met sy debuut en unieke rasper-stem.

Oud en jonk sal versot raak en die dansvloer verlig wanneer ‘Brannewynlippe’ begin speel. ‘n Treffer wat heel bo aan jou speellys moet wees.

BL_Release

BRANNEWYNLIPPE

Wikus Botma

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter