MAAK GEREED! BRENDAN GAAN JOU NOU MOEGDANS!

Het jy ‘n plan B, want jou bene gaan ingee! Dit is geen geheim dat Brendan Peyper keer op keer aangenaam verras met ‘n nuwe danstreffer nie. As jy gedink het Brendan het jou klaar vir ‘n ‘Toer Om Die Vloer’ gevat, kan jy maar bly staan want nou gaan Brendan jou ‘Moegdans’.

Met sexy lirieke en sterk ritmes gaan jou sole op die dansvloer spat tot jy nie meer kan nie. Stel jou voor Brendan fluister in jou oor “Vanaand gaan ek jou moegdans”, – dit is die gevoel wat jy gaan kry sodra hierdie liedjie begin speel.
 

Met treffers van sy vorige EP, ‘Insomnia’ wat steeds hoog op digitale platforms se trefferlyste pronk, beloof hierdie nuwe uitreiking om nuwe hoogtes te bereik. 

Kom my skat, maak gereed vir 1, 2, 3, 4 en 5de rat!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter