ACE, KING, QUEEN, JACK, 10, WAT KAN SY VERLOOR?

2020 was beslis ‘n jaar wat Christia Visser vir lank sal onthou te danke aan die twee Goue Toekennings vir haar debuut-enkelsnit ‘17 Shots’ en kort daarna vir ‘Die Deur’ met ‘n SAMA Nominasie vir Beste Pop Album Van Die Jaar vir album ‘Gemaklik Verlore’.

Die geliefde aktrise (en nou ook popster) se nuwe enkelsnit “Beste Leuen Wen’ wys dat sy nog baie kaarte het om te speel. Sy bring ‘n kragtige pop-treffer met ‘n energieke produksie, eerlike lirieke, ‘n treffende melodie – om nie eers om te praat van haar unieke stem nie. ‘Beste Leuen Wen’ sal aanklank vind by haar aanhangers wat al in verhoudings geworstel het met klippe in die pad van geluk. Die liedjie gebruik Poker as ‘n metafoor met raad oor wanneer om jou hand te speel.

Christia wys haar hand in ‘Beste Leuen Wen’ en dis ‘n Royal Flush.

ChristiaVisser_BesteLeuenWen

BESTE LEUEN WEN

Christia Visser

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter