DANNY SMOKE STEL NUWE ENKELSNIT ‘STADIG’ BEKEND!

Danny Smoke stof sy kitaar af vir sy nuwe enkelsnit ‘Stadig’ wat nou beskikbaar is. ‘Stadig’ vang daardie oomblik vas van twee mense wat in tyd stadig asem haal terwyl hulle harte saam vinniger klop. Mense wat hulle sielsgenoot gevind het sal die gevoel goed ken.

Dit is ‘n love song, maar ook uitdagend. Ek hou daarvan om in die moment te lewe, en dit was my inspirasie om dié song te skryf’, verduidelik Danny.

‘Stadig’ is vervaardig deur Murray Lubbe in dieselfde ateljee waar onder andere Brendan Peyper en Appel vele van hulle treffers opneem.

Ek probeer al hoe meer “real” wees in my musiek, en wil hê mense moet ervaar hoe lief ek dit het! My “klank” verander elke keer ‘n bietjie, en dis exciting vir my.” – Danny Smoke.

Druk die speel-knoppie en geniet die nuwe Danny Smoke.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter