DEUR DIK EN DUN SAAM BRENDAN PEYPER

Die afgelope jaar was een vir die boeke en het weer nuwe betekenis gegee aan die gesegde “Deur dik en dun”. Ten spyte van alles het Brendan sterk gestaan en steeds ‘n suksesvolle album vrygestel.

Dit is ook in hierdie tyd waar hy net weer besef het hoe ware vriendskap jou kan oplig in moeilike tye en dit is dan ook die inspirasie agter sy nuutste enkelsnit, “Dik en Dun”. “Deur yster en plaat, deur die goed en die kwaad tot die einde!” – sterk, betekenisvolle lirieke is hoe Brendan sy ware pelle aanspreek wat weet wat dit is om mekaar by te staan deur lag en leed.

Almal kan saamstem dat jou ware vriende nie net daar is met die goeie tye nie, maar ook wanneer dinge moeilik gaan – dit is wanneer ‘n vriend familie word, soos ‘n broer (of ‘n sister). Dit is ook jou ware vriende met wie jy die goeie tye soveel meer waardeer as jy saam deur die swaar tye kon skuur.

So hierdie song is vir jou, die ware vriend, wat jou medemens bystaan deur Dik en Dun.

Brendan_DikEnDun_Cover

DIK & DUN

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter