DIRK VAN DER WESTHUIZEN IS TERUG MET 'N SOMERTREFFER

Dirk van der Westhuizen is terug met ‘n danstreffer gelaai met moderne sokkie-klanke en ‘n tikkie nostalgie – net betyds vir die Desembervakansie! “Kinders Van Die Warrelwind” bring ‘n boodskap van vrede deur al die bokse waarin mense geplaas word af te breek en hulle eerder bymekaar te bring. Op die ou einde van die dag is ons almal net kinders van dieselfde warrelwind.

Dirk bring ook hulde en betoon sy waardering aan die Afrikaanse musieklegende Laurika Rauch, en wyle liedjieskrywer Koos du Plessis, vir die fondasie wat hulle gelê het, waarop ons vandag kan voortbou om Afrikaanse musiek te bou.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter