DIRK IS HIER VIR ALTYD MET LIEFDE

Liefde het nie altyd woorde nodig nie, want liefde praat sy eie taal. Dirk van der Westhuizen is terug met sy mooiste lied van liefde. ‘n Lied wat met jou hart praat en van niks anders vertel dat liefde nie perfek hoef te wees nie – dit moet net vir altyd en ewig wees.

“Vir Altyd” beskryf die gevoel wanneer twee siele mekaar vind, wanneer twee hartkloppe as een klop en wanneer die hart besluit die liefde vir jou sielsgenoot vir altyd is. ‘n Mid-tempo ballade geskryf en vervaardig deur Vincent Gordon is die nuutste toevoeging tot Dirk se versameling van treffers.

Dagboek 24 September wanneer die lied vrygestel word. Verliefdes, ou getroudes, selfs die wat lankal opgegee het op die liefde en die vuurtjie weer wil wakker maak in hulle harte – hierdie lied is vir julle!

Dirk_VirAltyd

VIR ALTYD | DIRK VAN DER WESTHUIZEN

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter