DIS WAT RYK KLEINHANS WIL HOOR!

Vars uit Bloemfontein, sluit Ryk Kleinhans aan by Select Musiek en is gereed om 2025 af te skop met sy eerste enkelsnit “Wat Ek Wil Hoor”.
 
Ryk is nie ‘n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy is reeds gewild by sy vele optredes regoor Suid-Afrika en op sosiale media.
 
Ryk het homself ook as liedjieskrywer bewys en saam met Petrus van Wyk “Wat Ek Wil Hoor” geskryf – en glo my, jy gaan dit wil hoor.
 
Al is die woorde dalk ‘n bietjie dieper, dra die liedjie ‘n sokkie uitrusting. Hy sal defnitief jou voete laat jeuk en jou inspireer om iemand te vra vir ‘n dans”, vertel hy.
 
Murray Lubbe, wat al gesorg het vir vele Top 10 treffers het hierdie nuwe enkelsnit lewe gegee in die Hit Factory ateljee.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter