KURT DARREN: HULLE WEET NIE WAT ONS WEET NIE

“Hulle Weet Nie Wat Ons Weet nie” gaan baie gou ‘n nuwe anthem word by enige partytjie of braai.

Die nuwe vrystelling is ‘n viering van oorwinnings en die opbouende gees van Suid-Afrika.

“Hulle Weet Nie Wat Ons Weet Nie,” het ‘n bekende gesegde geword deur Dricus du Plessis (UFC-kampioen) en Kurt het besluit om hom aan te teken as deel van die liedjieskryf-span omdat dit sy ikoniese sê-ding geword het.

Ek hoop die kinders gebruik die chant op die liedjie as ‘n luitoon hierdie vakansie’, vertel Kurt.

Die liedjie neem inspirasie uit die merkwaardige reis van die nasie en pas perfek by Kurt Darren se kenmerkende sokkie-klanke.

Moenie die geleentheid misloop om deel te wees van hierdie viering nie. Of jy nou ‘n aanhanger van Afrikaanse musiek is, ‘n ondersteuner van Kurt Darren of net iemand wat lief is vir ‘n lekker treffer, hierdie enkelsnit is ‘n moet-luister.y

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter