ELANDRÉ, CHRISTIA EN RICUS STAP WEG MET 'N BEELDJIE OF TWEE

Vanjaar was die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings weereens ‘n hoogtepunt in die Afrikaanse musiekbedryf met ‘n spoggeleentheid op 1 Desember 2021 by die Afriforum-teater. Die Aitsa-toekennings is ‘n geskep waartydens kunstenaars van die Afrikaanse musiekbedryf vereer word vir hulle uitmuntende prestasies.

Ons wil graag ongelooflik baie geluk sê aan ons kunstenaars wat vanjaar met ‘n Aitsa-toekenning of 4 weggestap het waaronder dié musiek onder die vaandel van Select Musiek uitgereik is.

Ricus Nel het weggestap met die Aitsa vir Boeremusiek Liedjie van die Jaar vir Die Bosveldbul (saam met Klipwerf Orkes.

“Ek is baie dankbaar. Maar om Boeremusiek te bevorder is ‘n baie moeilike taak daarom voel ek die toekenning behoort aan almal wat in die kategorie benoem was”, vertel Ricus.

 

Christia Visser het die toekenning vir Nuweling van die Jaar ontvang (17 Shots).

“Nuweling van die Jaar is ‘n groot eer vir my. Daar is soveel ongelooflike talentvolle kunstenaars wat onlangs die bedryf betree het. Ek is baie dankbaar vir hierdie toekenning”, vertel Christia opgewonde.

 

Elandré was aangenaam verras toe hy vir ‘n vierde Aitsa-toekenning opgeroep was na die verhoog. Hy het ‘n toekenning ontvang vir Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar (Binne & Buite), Pop Liedjie van die Jaar (Dag & Nag), Kontemporêre Liedjie van die Jaar (Waar die wind my waai) en Kunstenaar van die Jaar.

“Dit voel heel onwerklik maar tog so goed om op so ‘n skaal vereer te word. Ek is trots om musiek in my taal te skep, dit bring my soveel tevredenheid. Hierdie is die resultaat van die ondersteuning wat aan my bewys is deur soveel daar buite. Dankie aan die hande wat my dra en elkeen wat my deel van hul klankbaan maak. Dit is ‘n eer om vir julle musiek te maak”, vertel hy verrassend.

 

Baie geluk aan elke kunstenaar wat wat met ‘n Aitsa-toekenning weggestap het asook dié wat genomineer was in elke kategorie.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter