'ASSEBLIEF' NEEM DIE LEIDING SOOS ELANDRÉ SE VIERDE STUDIO SKEPPING ‘ESTETIKA’ AMPTELIK ARRIVEER.

Sy stem sing hartstogtelik deur ’n stroom van teer beleidings na luid en kragtige kore. 
Dit klim na die hoogtes van digitale dans tog steeds stewig gegrond in ’n fondasie van Kwêla-kitaar.

Hierdie verlangende laaste brief het ten doel om terug te kry wat verlore is en om te hou wat ‘n mens het. Dié tweede-kans-serenade verkondig ’n nuwe gety vir die Oos-Kus Melodiemaker.
 
‘Asseblief’ sal saam met losstaande treffers ‘Hand Aan Hand’, ‘Lieflik’ & ‘Die Einde’ deel vorm van die volle album ‘Estetika’ wat vanaf 13 Oktober vooraf gevoeg kan word by jou versameling. Die volledige album word op 27 Oktober vrygestel.

Na aanleiding van die bekroonde sukses van sy vorige drie treffer-albums en sy gepaardgaande toere, keer hy twee jaar later triomfantlik terug met sy mees ambisieuse projek.

‘Estetika’ mik skynbaar na die maan met ‘n lys propvol nostalgiese energie en Elandré se betroubare haakbelaaide lirieke wat meer teenwoordig is as ooit. Dit is ‘n romantiese rit langs die pad van Afrikaans-Garage-Rock & Roll!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter