ELOFF GEE RAAD OOR KOUE KOLE

Deur dieselfde skrywers en vervaardigers wat saam met Eloff gewerk het aan sy loopbaan-bouende treffers ‘Johnnie Blou’ en ‘Witblits’: Hier is ‘Koue Kole’!

Ons kan hierdie LOF-POP of EVM noem. Elektroniese Volks Musiek. Koue Kole spog met ’n volks-tema oor ’n dans ritme met pop-rock kitare.

Met Koue Kole waarsku Eloff sy tjommie om uit te kyk vir rooi vlaggies as dit by verhoudings kom. Sy’s vegan, weet nie wie Kurt Darren is nie, het plastiek-lippe en laat hom nie toe om Boerboel te dra of om Buffelsfontein te drink nie.

Wie kan so lewe!? Dis soos om op koue kole te braai!?

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter