ELOFF BEREIK NUWE HOOGTES MET DIE 40STE HERDENKING VAN 'N IKONIESE AFRIKAANSE LIED

Eloff, Muse Productions en Select Musiek, die spanne agter treffers soos ‘Johnnie Blou’ en ‘Koue Kole’, se nuutste skepping, ‘Vlerke’, het op 1 Desember nuwe hoogtes begin bereik. Hierdie vrystelling is geïnspireer deur die energieke inwoners van Dinki Dameskoshuis in Potchefstroom wie se aansteeklike dansie op Anneli Van Rooyen se treffer-lied tot hierdie Eloff ode aan ‘Neem My Op Vlerke’ gelei het.

Met toestemming van die legendariese Anneli Van Rooyen self, het Eloff en sy span nuwe verse geskryf vir haar tydlose lied, ‘Neem My Op Vlerke’. Muse Productions, nou bekend vir hulle Lof-Pop-klank, wys weer hoe hul produksie-vaardighede ‘n nuwe treffer kan lewer wat beloof om die toppunt van treffer-speellyste te haal. ‘Vlerke’ is nie net ‘n viering van die 40ste herdenking van ‘n legendariese lied nie, maar ‘n getuienis van die krag van samewerking en kreatiewe verjonging.

Vlerke kry ook ‘n musiekvideo wat dieselfde dag as die enkelsnit vrygestel word. Lede van Dinki Damenskoshuis bring die gees in die video wat perfek aansluit by die aansteeklike energie van die lied.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter