Tamlyn het die musiekbedryf storm geloop met net ‘n “Klein Bietjie” wyn. Nou, gaan sy 2025 in met geen “Lui Voete”, haar nuwe enkelsnit wat wat nou beskikbaar is.
Die nuwe liedjie is geskryf deur Tamlyn en Emil Paul en hulle het lekker tyd saam met Murray Lubbe spandeer om al die toutjies bymekaar te trek vir hierdie nuwe treffer!
Maar, laat Tamlyn julle gou die storie vertel van “Lui Voete”:
“Ek wou al vir lank ‘n liedjie skryf oor my gebrek, maar in ‘n positiewe manier. Baie keer vra mense vir my of ek kan sokkie? Ja, natuurlik kan ek. Maar, dit is nie perfek nie oor my enkels wat nie werk nie en ‘lui’ is”, vertel sy grapperig.
“Toe besluit ek en Emil Paul om te skryf oor die konsep dat daar so baie mense is wat vir vele redes nie perfek kan dans nie, maar nogsteeds sal dans en hulself geniet. In die liedjie sê ek: “laat my lui voete jou lei”, sodat ek my dansmaat kan aanmoedig om nogsteeds met my te dans, want niks gaan my terug hou nie”, vertel Tamlyn.
Die liedjie is uitgeknip vir vasdans en sy wil vir mense wys dat die lewe soveel lekkerder is as jy met jou uitdagings deur die lewe dans of sing.
So maak seker jou “Lui Voete” kry jou nie onder nie en dans nét soos wat jy kan!