STOF NA DIE VRYSTAAT VALKTES-REËN

Na die reuse sukses van die Boer soek ‘n vrou-paartjie, Reën wat nogsteeds in die Top 10 streaming charts boer met hulle debuut enkelsnit ‘Vrystaat Vlaktes’, (Wat ook sopas GOUD behaal het) is almal behoorlik opgewonde om te sien waarmee die twee volgende sal opkom.

Die wag is uiteindelik verby en in teenstelling met die groep se naam is hulle volgende enkelsnit ‘Stof’ nou hier. Met dieselfde vrolike klank waarop jy verlief geraak het op Reën in die begin is hulle terug en stel nie teleur nie.

Die groep is wel onlangs deur ‘n rowwe stukkie grondpad en het behoorlik stof op geskop met die nuus dat hulle paaie in romanse skei. Tog het hulle liefde vir musiek hulle toegelaat om nogsteeds voort te gaan met hierdie opwindende projek en nou sal dit die eerste keer wees nadat die stof gaan lê het wat ons hoor waarmee hulle voorendag kom.

ReenMedia

STOF

Reën

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter