Tuimeltrein, die dinamiese nuwe duo (Christian Venter en Marice de Jager), gaan opslae maak met hul debuut-enkelsnit, ‘Grondboontjiebotter’.
Hierdie song beloof om harte vas te vang en vreugde oor stroomdienste te smeer. Van TikTok-eksperiment tot volwaardige eindproduk, nooi Tuimeltrein luisteraars om op hul musikale rollercoaster te spring.
Hierdie song was oorspronklik in 20 minute geskryf, maar dit sal jou terugvat na ‘n eenvoudiger tyd toe jy ‘n happie grondboontjiebotter geniet het en kon staar na die sterrestelsels teen jou dak.
Hierdie snit word ook vrygestel met ‘n prettige-sorgvrye musiekvideo. So, spring aanboord die Tuimeltrein vir ‘n pretrit.