JACK & JUNE STEEK HULLE LIEFDE AAN DIE BRAND

Jack & June is ‘n liefdevolle duo wat begin is deur die getroude paartjie Jacqueline Token & Peter Hoven vanuit Stellenbosch. Hulle naam is gestig in 2016 waarna optredes en engelse enkelsnitte gevolg het.

Plat op die aarde, is dié twee stemme gereed om die Afrikaanse musiekbedryf op horings te neem met hulle eerste enkelsnit Steek Ons Liefde Aan Die Brand, oorspronklik geskryf uit hulle eie pen. Hulle vertel stories van die die lewe en getroude lewe, sonder om enige iets weg te steek.

 

“Ons het die liedjie geskryf omdat die huwelik harde werk is en ‘n daaglikse besluit is om die beste vir mekaar te wees. Dit is ‘n kombinasie van klein goedjies, goed of sleg, wat die einde bepaal en wie jy is vir daai een persoon. Liefde is ‘n kyk, ‘n soen in jou lyf. Eenvoudig pure eerlikheid en aksies”. – Jack & June

Die unieke liedjie gaan praat met jou siel, jou beter laat voel en beslis vas sit in jou kop. Met ‘n mengsel van internasionale Country, unieke stemme, lirieke en passie, gaan hierdie liedjie beslis Jack & June se stempel afdruk in die musiekbedryf.

JackAndJune01

STEEK ONS LIEFDE AAN DIE BRAND

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter