IETS NUUT IN ELANDRÉ SE RUGSAK

Die dag toe die Kleindorp-dromer die musiekbedryf betree het, kon ‘n mens nie anders as om regop te sit, kennis te neem en verlief te word op sy unieke stem, musiekstyl en voorkoms nie. Dus was dit geen verrassing dat Elandré se debuut-album, Kleindorp-Dromer, platinum status bereik het in 2019 nie!

“My eerste album…Platinum…DANKIE DESPATCH! Los alles op die lyn”.Elandré

Elandré se tweede ateljee-album Boomhuis het dié jong sanger en liedjieskrywer na vêrdere hoogtes geneem toe sy treffer-album, vroeg in 2020, Goue Status bereik het. Die eerste enkelsnit ”Vuur Op Die Water” vanaf dié album het ook merkwaardiglik dubbel platinum status bereik in 2020.

“Ek het my tweede studio album geskryf met die hoop dat dit die wêreld so bietjie sal inkleur en perspektief kan gee oor wat dit is om te leef en streef in vandag se tyd. Aand na aand het ek na julle gekyk soos julle na my.
Ek het soveel hande geskud. Ek het vriende verloor en vriende gemaak. Ek het geleer wat ondersteuning is, en ek is verby dankbaar. Dankie vir elkeen wat sovêr saam in die Boomhuis gekuier het. Julle is altyd welkom”. – Elandré

Nou is Elandré terug, om selfs nog groter golwe te maak, met sy derde album: Rugsak! Hierdie voortreflike nuwe versameling beloof om van sy beste werk tot dusver te wees, met aangename verrassings, en ‘n nuwe aanslag tot sy unieke lirieke en musiekstyl.

“Ek is geleer dat ons elkeen die lewe deurgaan met ‘n rugsak. ‘n Spreekwoordelike bêreplek vir die klippe wat jy op jou lewenspad vind. Dit is in die stilte van ‘n pandemie dat ek die geleentheid geneem het om my eie rugsak om te keer, te analiseer en te vereer.” – Elandré

Elandre04

BINNE & BUITE

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter