IRENE-LOUISE VAN WYK RUIL HAAR TEKKIES VIR ‘N PAAR BOOTS!

Irene-Louise van Wyk (Tekkies Brand & Stout Vir…) is op pad met ‘n nuwe enkelsnit en met dié een ruil sy haar tekkies vir ‘n paar pienk cowboy boots!
 
= Liefde’ gaan oor Irene-Louise se perspektief van hoe liefde om haar lyk. “Wanneer ek op die verhoog is geniet ek dit so baie om te sien hoe twee mense verlief is en lekker vasdans ”, Irene-Louise van Wyk.
 
Hierdie nuwe enkelsnit is ‘n lekker dansliedjie onder die invloed van Country-klanke en is nou beskikbaar ook met ‘n musiekvideo. Jy gaan ook jou cowboy boots wil aantrek wanneer jy hierdie liedjie hoor wat vervaardig is deur Robin Kielly.
 
Vat ‘n wilde kans en vra iemand om te dans, want jy weet nooit waarheen die aand kan lei nie. Dalk is daardie persoon jou persoon!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter