Irene-Louise van Wyk is #StoutVir… ‘n trefferparade-dansnommer en volgepakte vertonings regoor Suid-Afrika met haar verskeie nommer 1-treffers wat ‘Tekkies Brand’ insluit. Haar musiek lei aanhangers onmiddelik na die dansvloer met polsende ritmes, sterk lirieke en kragtige stem. Irene-Louise van Wyk is ook ‘n suksesvolle besigheidseienaar en Mamma as sy nie op die verhoog is nie.