IS KRAGWOORDE AL AANVAARBAAR IN AFRIKAANSE LIEDJIES?

Dit is nie ‘n geheim dat kragwoorde en vloekwoorde al in die verlede gebruik is in Afrikaanse liedjies nie – liedjies wat bedoel was om te skok of om uiterste gevoelens deur te gee. Veral in genres soos rock en alternatiewe musiek. Ons hoor deesdae kragwoorde in kommersiële Afrikaanse musiek, selfs in liefdesliedjies, en ons wonder wat jou gevoel daarvoor is?

Jacques du Plessis, wat bekend is vir sy eerste enkelsnit “My Fok” (2020) en sy nuutste enkelsnit (2021) “Dit Is Mal” het in albei dié liedjies kragwoorde gebruik, soos die titel van sy eerste enkelsnit “My Fok” en in “Dit is mal” lui ‘n liriek “Dit is mal, o liewe bliksem”.

“Ek sien dit nie as vloekwoorde nie. ‘n Vloekwoord is ‘n woord wat gebruik word om ‘n vloek op iemand uit te spreek. Ek sien dit in my liedjie as kragwoorde, omdat ek ‘n emosie of reaksie uitbeeld. Dit maak die woorde nie ‘n vloekwoord nie. Kragwoorde word daagliks deur die populasie gebruik”.- verduidelik Jacques.

In hedendaagse Afrikaanse boeke, films en tv programme word krag- en vloekwoorde gebruik om karakters meer geloofwaardig te maak. Selfs in du Plessis se twee liedjies, gebruik hy die kragwoorde om emosies beter te beskryf.

Ek skryf 100% met ‘n eerlike gevoel en wat ons elke dag as mense ervaar of hoe ek ‘n situasie sien afspeel. Dit is nie ‘n geheim dat mense in vandag se tyd tog self daagliks kragwoorde gebruik nie. My liedjies en lirieke is eenvoudig eerlik en gekoppel aan die realiteit. Ons luister of hoor daagliks internationale liedjies wat kragwoorde bevat” – vertel Jacques.

Die gebruik van kragwoorde in Afrikaanse liedjies maak dit moeilik om dit op radiostasies gespeel te kry a.g.v die BCCA (Broadcasting Complaints Commission of South Africa), maar sal dit in die toekoms moontlik kan wees?

Luister hier onder na Jacques du Plessis se twee liedjies en kom vertel ons hoe jy daarvoor voel. Kliek Hier om saam te gesels.

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter