OP DIE SPYSKAART SAAM JAN JAN JAN & LIEZEL PIETERS

Van vleis wys tot mielies gooi het ons nou al beleef hoe die Janne naam gemaak het vir hulle self in die RSA en dis net die begin, want daar word nou nog ‘n treffer gevoeg by die Jan Jan Jan-spyskaart. ‘Spyskaart’ is die title van hulle nuutste enkelsnit en na ‘n meer ernstige kant wat ons van die Janne gesien het, is hulle terug met hulle komieklike streke in hierdie opgewekde, onverwagde liefdes-duet.

Dis reg, hierdie keer span hulle kragte saam met Liezel Pieters wat ook bietjie bane verwissel soos sy die ligter kant van Afrikaans aanpak saam met die manne. ‘n Liefdeslied oor kos? Wel, ‘n liefdeslied van hoe die perfekte een ‘n liefde vir kos sal deel. Daar is meer as net tong in die kies wanneer dit by ware liefde kom volgens die Janne – daar moet darem ook plek wees vir bietjie pannekoek en melktert saam met ontbyt.

So, as jy Jan Jan Jan en Liezel Pieters se liefde deel vir iemand met ‘n voorliefde vir kos, of net lekker wil giggel soos jy musiek luister is hierdie die een vir jou, want terwyl mens ‘n breek vat van eet sal hy lekker sokkie ook.

JJJ_Media

SPYSKAART

Jan Jan Jan ft. Liezel Pieters

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter