KAN SY SOEN SOOS JY DANS?

Terwyl Brendan Peyper op die kykNET-werklikheidsprogram, Op My Eish!, die liefde van sy lewe soek, wil hy ook weet of sy so lekker kan soen soos wat sy dans.

Met ‘n nuwe voorkoms en lus om 2024 op horings te neem, is Brendan terug met ‘n nuwe liedjie ‘Soen Soos Wat Jy Dans’ wat baie vinnig ‘n gunsteling sal word en dit is ook ‘n voorsmakie van sy mini-album wat vir later die jaar geskeduleer is.

’n Musiekvideo van ‘Soen Soos Wat Jy Dans’, waar Brendan oor ’n pragtige meisie dagdroom en wonder of sy so lekker kan soen soos wat sy dans, word ook op 2 Februarie 2024 vrygestel.

Dit is geen verrassing om Brendan se naam bo aan die Afrikaanse musiek charts te sien met sy tong-in-die-kies-lirieke en sokkieklanke wat sy aanhangers laat dans totdat hulle moeg is en saamsing totdat hulle hees is nie.

So, die vraag is, kan jy soen soos wat jy dans?

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter