5 JAAR HERDENKING VIR DEBUUT-ALBUM...

Elandré het in 2017 die musiekbedryf betreë met sy bekroonde debuut-album ‘Kleindorp-Dromer’ en het met die intrap slag groot naam gemaak onder Afrikaners regoor die wêreld. Kleindorp-Dromer het binne slegs ses weke Goue Status behaal. Vele erkennings sou volg en in 2019 bereik dié album Platinum Status.

Elandré se baritonstem het ’n eensoortige, aangrypende diepte – terwyl hy ook met tye soomloos sy hoër register verken – moeiteloos gemeng met, rock, country, blues en hoekgedrewe-pop. Groot treffers op Kleindorp-Dromer sluit in ‘Die Lyn’, ‘Tougher Than The Rest’ en ‘Your Man’ wat ouwêreldse country klanke herroep. Die album bevat ook gunstelinge soos ‘Afrikaans Sal Bly’, ‘Plek Sonder Naam’ , ‘Honderd Duisend Maal’ , ‘Stilte Voor Die Storm’ en ‘Skadu’s Teen My Muur’.

Die lirieke vanuit sy pen getuig van ambisie en ’n waardering vir die tydlose. ‘Kleindorp-Dromer’ stel Elandré se musikale veelsydigheid ten toon en laat geen twyfel oor waarom hy bekend staan as een van Afrikaans se gunstelinge.

Geluk Elandré, met ‘Kleindorp-Dromer’ se 5 jaar herdenking!

KDD_Media

KLEINDORP-DROMER

ELANDRÉ

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter