NET 'N KLEINTJIE VIR WIKUS BOTMA

Wikus Botma vertel ‘n moderne verhaal van die pad wat verliefdes stap op die ritme van ‘n mid tempo banjo beat. Dis storievertelling op sy beste. Dit vat verseker ‘n blaadjie uit die Country/Western boek en wikkel hom in ‘n Boerepop kombersie toe. Die koor bly dieselfde, maar elke keer beteken dit iets anders. Meesterlike narratiewe liriekery anker hierdie vasdans nommer.

Kleintjies tot kleintjies tot kleintjies. Van klein shots in die padstalkroeg tot ‘n klein diamant ring tot ‘n klein mensie tot ‘n klein dosyntjie. Dis ‘n temalied vir jong, volwasse paartjies wat hou van dans en drink en kinders maak. So, basies almal!

WikusMedia

KLEINTJIE

WIKUS BOTMA

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter