KURT DARREN, ELOFF EN RICUS NEL STAP BY ‘N KROEG IN…

Hierdie is nie ‘n grap nie! Niemand het hierdie kunstenaar-kombinasie sien kom nie. ‘Kwagga Karnaval’ is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kurt Darren, Eloff en Ricus Nel wéét hoe om mense op die dansvloer te kry. Nou meng hierdie drie kunstenaars al hul geheime bestandele in een liedjie in.

Hulle skets ‘n prentjie wat ons daaraan herinner dat sokkie-dans ‘n kuns is wat op meel-besprinkelde vloere regoor Suid-Afrika geniet word. Muse Produksies, wat ‘Witblits’, ‘Johnnie Blou’, ‘Sysoen’ en ‘Impulsief’ vervaardig het, is ook agter hierdie meesterstuk. Hulle het pop- en volksmusiek op ‘n perfekte manier saamgevleg.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter