NOG 'N DUBBEL VIR DIE DJ!

As daar iemand is wat nog na al die jare weet hoe om ‘n partytjie aan die gang te kry en aan die gang te hou, is dit die sokkie-koning,

Kurt Darren. Oor Desember het ons ‘n vinnige blaaskaans gevat terwyl ons net weer Die Goeie Ou Dae waardeer het, maar nou is ons al goed in die nuwe jaar in en Kurt hoop jy is weer reg vir dans! Hy het wel ook besef mens kan nie ‘n goeie partytjie aan die gang kry sonder ‘n goeie DJ nie. Ons almal was al by daai dans waar jy net die DJ se hand wil skud oor die liedjie keuses wat jou op die dansvloer hou. Kurt reken, vir daardie DJ gooi jy ‘n dubbel! En dit is presies wat hy in sy nuutste enkelsnit voorstel – “’n Dubbel Vir Die DJ!”.

Met ‘n hele paar “mentions” van welbekende en geliefkoosde titels in hierdie danstreffer kry Kurt weer almal op hulle voete en gaan jy nie kan help om te wil saam sing nie en skree “nog ‘n dubbel vir die DJ” as hierdie liedjie opkom nie.

Kurt_DubbelVirDieDJ
'N DUBBEL VIR DIE DJ

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter