'n Nuwe Treffer (Blok Party) om 120 Miljoen Streams Te Vier!

As grendelstaat nie byeenkomste toelaat nie, moenie bekommer nie, Kurt Darren het ‘n plan! Kom ons hou ‘n ‘Blok Party’. Dit is die titel van sy nuutste “retro wave” enkelsnit wat beloof om jou aan die dans te kry terwyl dit pluk aan daardie nostalgiese snare met ‘n baie herkenbare 80’s pop klank. Kurt vier ook 120 Miljoen+ streams met hierdie nuwe enkelsnit!

Dit is reg! Met omtrent 24 amptelike albums op sy kerfstok, ‘n rits toekennings en 26 jaar in die musiekbedryf, vier Kurt Darren 120 Miljoen+ streams in 2021! Dit sluit in hoeveel keer sy treffers op digitale platforms geluister is en sy musiekvideos gekyk is en dit is maar net die begin! Daar is nog vele treffers op die horison. 

Kurt bring die partytjie na jou toe gedurende hierdie mal tye en sê al maak jy waarskynlik weer gereed vir ‘n naweek tuis, hoef dit nie ‘n gaap-fees te wees nie, hou net ‘n Blok Party saam met jou bure aan die anderkant van die mure. Hoe harder hoe beter, want wie ookal die hardste is, kan DJ wees.

So kry jou Blok Party aan die gang deur hierdie treffer te voeg by jou gunsteling speellys.

Kurt_BlokParty01

BLOK PARTY

Kurt Darren

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter