Laat die Brakke Blaf!

Die dansvloer gaan ontplof met Synth Peter & Jack Parow se nuutste treffer ‘Brakke Blaf’. Na die sukses van Synth Peter se debuut album ‘Die Toekoms is Synth’ wat twee Goue Toekennings gewerf het (Doef Doef & Hier Om Te Dans) asook ‘n SAMA nominasie vir Beste Pop Album, was daar ‘n groot aanvraag vanaf sy aanhangers vir ‘n nuwe vrystelling. Jack Parow was die perfekte keuse en partner in crime om die nuwe enkelsnit af te skop saam met Synth Peter om groter golwe te veroorsaak in die Afrikaanse musiekbedryf.

‘Brakke Blaf’ is ‘n kombinasie van Jack Parow se kragtige lirieke, Synth Peter se kragtige produksie en ‘n melodie wat sal vas sit in jou kop. Ons huiwer na verligting met die huidige situasie van Covid 19 en ‘Brakke Blaf’ kan die perfekte oplossing wees om jou te help vergeet van die ongemak wat huidiglik aan die gang is.

Draai die volume oop en laat die klanke van ‘Brakke Blaf’ jou bure se honde laat blaf.

BrakkeBlaf

BRAKKE BLAF

Synth Peter ft. Jack Parow

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter