Liza Nel is nie ‘n onbekende in die musiek bedry nie. Vir ‘n rukkie was sy net ‘n mamma, maar nou is sy terug met ekstra oemf. Sy hou daarvan om te onthaal en verfris nou haar loopbaan met haar eerste vrystelling as Liza Nel, genaamd ‘My Bok’. Om dit meer spesiaal te maak sing Liza van haar eie bok en manlief, Ricus Nel. Maak reg om van nou af jou geliefde ‘My Bok’ te noem wanneer jy hierdie liedjie herhaaldelik gaan luister.