LIZA NEL SING OOR HAAR EIE 'BOK', RICUS NEL!

Baie Suid-Afrikaners sal hule geliefde ‘My Bok’ noem, en dit is wat Liza Nel as inspirasie gebruik vir haar nuwe enkelsnit. Om dit nog meer spesiaal te maak, sing Liza oor haar ‘bok’ en man, Ricus Nel wat (volgens die liedjie) alles op die regte tyd verkeerd doen.

Liza Nel is ‘n gelukkige vrou, ‘n ma en hou ook daarvan om te onthaal. Sy is nie skaam nie, en jy sal die elektrisiteit tussen haar en Ricus in die komiese musiekvideo sien nou beskikbaar is. Muse Studios wat treffers soos ‘Koue Kole’ en ‘Impulsief’ vervaardig het, het ook hierdie nuwe sokkie-treffer vervaardig en saam geskryf.

Maak gereed om vir jou ‘bok’ te wys dat jy lief is vir hom of haar – ongeag van hul onvolmaakthede.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter