WILMA VAN HEERDEN BARS LOS MET BEKORENDE BANJO BANGER EN DIT VOEL SOOS JONG LIEFDE

‘SySoen’ hol weg met jou soos ‘n bosbrand, soos jong liefde. Nederige Wilma is skaam en teruggetrokke in die alledaags, maar ondergaan ‘n metamorfose wanneer sy agter die mikrofoon staan. Ons eie indie Cinderella verander in ‘n vroulike vors wat ons ore betower met haar suikersoet stem en poëtiese skryf vernuf.

‘SySoen’ is ‘n banjo aangedrewe country-pop masjien met ‘n kloppende basdrom en ‘n EDM post-chorus wat ekstaties ontplof in ‘n rookpluim van skoenlappers en veldblomme. Onskuldig en opgewek. ‘SySoen’ sal jou laat wens jy was jonk en verlief. En as jy jonk en verlief is (Lucky!), is hierdie song vir jou!

WVHCover

SYSOEN

WILMA VAN HEERDEN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter