MOENIE VAN CHÉ "VERGEET" NIE

Na die reuse sukses van hierdie nuweling se Snotkop-colab, Ek Like Hoe Jy Dans, wat Top 20 bereik het op die streaming charts en steeds sterk staan, is dit hoog tyd om weer iets te hoor van hierdie jong talentvolle dame! “Vergeet” is nie iets wat gou sal gebeur met Che nie – dit is die titel van haar nuwe enkelsnit en beloof om jou aan die dans te hou terwyl meeste ook sal vereenselwig met die tema.

Hierdie vars briesie in die Afrikaanse bedryf het al reeds in haar eerste video (met meer as 1 Miljoen views binne 5 maande) dit duidelik gemaak dat sy nie net ‘n mooi gesiggie is wat kan sing nie, maar ook ‘n kranige danser is. In haar nuutste video word dit bevestig soos sy ‘n besonderse “Adage” dans routine uitvoer terwyl sy haar nuwe unieke klank met ons deel.

As jy opgewonde is oor waarnatoe die Afrikaanse musiek bedryf beweeg, maak seker om Che se loopbaan fyn dop te hou soos sy beplan om ‘n paar grense te breek in Afrikaans.

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter