'N OASE VOL DUBBEL PLATINUMS VIR BARTO!

Barto het baie vinnig groot opskudding gemaak in die musiekbedryf met sy treffers ‘H2Oë’ (Dubbel Platinum), ‘Impulsief’ (Dubbel Platinum) en ‘Vlam In Die Wind’ (Goud). Barto se treffers lê gemaklik in die Afrikaanse Top 20 streaming charts sedert uitreiking. Barto sluit 2023 af met die uireiking van sy eerste album, ‘Oase’. Hy neem jou op ‘n reis van Hoop, Inspirasie, Liefde en natuurlik musiek om die kuier aan die gang te kry.

Nou kry die liedjie ‘Oase’ ‘n musiekvideo! Dis nie net die titel van die album nie, maar ook die eerste liedjie op die album wat baie aandag geniet deur sy aanghangers, soos bewys deur streaming platforms. Dit is ‘n ritmiese liedjie van hoop, moed en om te vergeet van die gedruis daar buite. Die video gee mens ‘n agter-die-skerms-kykie na Barto se lewe op die pad en by sy vertonings.

“As jy loop deur die woestyn, het ek vir jou water, vergeet van jou dors, kry jou by die oase”, lui die koor.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter