Paartjie word bederf in die bosveld

Nadat die paartjie verloof geraak het na 3 jaar op Kogelbaai se strand op 4 Mei, het dit bietjie anders uitgedraai as wat hulle gedink het. Megan Edwards (verloofde) se suster, Celine Edwards het die geleentheid vasgevang op kamera, maar die sand en klippe op die strand het nie saamgespeel nie en haar ‘n paar keer afgebring grond toe.  

Ons het glad nie agtergekom dat sy regtig val nie en ek het voortgegaan om die groot vraag te vra”, vertel Ian Share terwyl hy weer ‘n bietjie lag.  

Dié twee het eers daarna agtergekom en gesien hoe die video daarvan uitgekom het en lekker saam gelag.  

Ons het geen idee wie dit op sosiale media geplaas het nie en ons het gladnie gedink dit sal so groot ding word nie, maar ons lag saam, want dinge gebeur en ons is nou baie gelukkig verloof en baie meer mense weet nou daarvan as wat ons natuurlik gedink het”, vertel Megan. 

Die span van Blixem Media en Select Musiek het dit goed gedink om iets spesiaal vir Megan en Ian te doen na die groot gebeurtenis wat vlam gevat het op sosiale media en hulle ‘n kans te gee om die groot oomblik mooi vas te vang op video. ‘n Paar oproepe later het The Farm Inn en Reën ingestem om deel te weer daarvan.  

Megan en Ian was bederf met ‘n wildrit op The Farm Inn Pretoria, Reën het hulle serenade met hulle treffer-lied ‘Vrystaat Vlaktes’, Danie Pretorius van Blixem Media het dit vasgevang op video terwyl Gian Geyser vir hulle pragtige fotos geneem het.  

‘n Baie groot dankie aan almal wat aanboord gekom het en hulle tyd beskikbaar gemaak het uit die goedjheid van hulle harte.  

Die paartjie plan om die knoop deur te haak op 28 Mei 2022.  

Baie geluk Mega en Ian. Mag daar ‘n ewigheid van liefde tussen julle groei.  

DIE AKTEUR 'WILL SMITH' HET DIE GEBEURTENIS OOK GESIEN EN OP SY INSTAGRAM
GEPLAAS MET MEER AS 1 MILJOEN KYKE

KYK DIE VOLLE VIDEO

FOTO'S VAN DIE GELEENTHEID

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter