Pieter Koen het Suid-Afrikaners vermaak met treffers soos “3 Susters”, “Skud Jou Biscuit” en “Boobs Boude Bene”! Nou is Pieter gereed om die musiekbedryf weer met ‘n storm te tref met sy nuwe enkelsnit “Stoute Ogies” wat nou beskikbaar is.
Maar, hierdie is nie net sommer enige enkelsnit nie. Dit is ‘n nuwe weergawe van sy jare lange vriend Fredi Nest se treffer “Toe Maak Jy Ogies Vir My”.
Laat Pieter jou die mooi storie agter hierdie enkelsnit vertel:
“Vir my is dit ‘n voorreg om op hierdie manier hulde te bring aan ‘n wonderlike vriend en mens, uitstekende skrywer en kunstenaar wat ons vir soveel jare deur sy musiek en lirieke vermaak het. Ek sou graag in ons hedendaagse tyd saam met hom ‘n liedjie wou skryf en opneem, maar sy tyd op aarde is vir ‘n geruime tyd al nie meer beskore nie. Met ‘n vars aanslag op die versies en melodieë tesame met die bekende koor is hierdie die ideale manier om hulde te bring, ‘n nostalgiese reis te geniet en ‘n nuwe generasie ondersteuners te ontgin”, vertel Pieter.
Pieter Koen en liedjieskrywer Emil Paul het die liedjie opgewek met nuwe lirieke en nuwe klank, maar jy gaan steeds saamsing wanneer jy die bekende wysie en woorde hoor.
Luister en kyk nou na “Stoute Ogies”!