NA PROP SE VRYSTELLING VAN SY TREFFER-ENKELSNIT 'KWAAITJIE' OP SY DEBUUT-ALBUM 'SING HOOP WEERKLINK' IS DIT TYD VIR 'N BOSVELD VAKANSIE !

ʼn Konsertina is ‘n ding wat Afrikaners na aan die hart lê. Iets wat nog meer eg Suid-Afrikaans is, is ‘n vakansie in die bosveld. Voeg nog ikoniese bestandele by soos waatlemoene, karavane en ‘n swembad in die koelte van ‘n boom en jy het ‘n wenresep vir die perfekte ‘Bosveld Vakansie’. O ja, en moenie vergeet van die bruin lyfies wat tan in die son nie. Prop het met sy nuwe heup-skud-treffer al die voorafgenoemde bestanddele perfek gemeng met sy unieke musikale-melodie-vernuf en nou is dit tyd vir ‘n Bosveld Vakansie.

Alles wat verwag word van ‘n Afrikaanse treffer is in hierdie potjiekos pot. ʼn Goeie storie oor ‘n mannetjie wat te veel geloer het na die bruin lyfies langs die swembad (sonder ʼn sonbril), ʼn koor-melodie wat gaan vassteek in jou kop soos ʼn kind op ʼn warm dag in ‘n vakans swembad. ʼn Konsertina-skop-trek-baskitaar-ritme wat die heupe sal laat wikkel langs die swembad en laastens die bygaande musikale en komiese ritme wat die hele familie om die swembad sal laat giggel en saam sing. Natuurlik terwyl hulle besig is om sonbrandroom aan te smeer en grensend oor hulle eie sonbrille na die petalje voor hulle loer. Dit is hoe ʼn Bosveld Vakansie moet wees.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter