‘KWAAITJIE’ HET IN DIE CHARTS INGESKIET EN DAAR 'N NES GESKROP. NOU MAAK PROP DIE HERNUWING VAN VERHOUDINGS PRET MET ‘SÊRA SÊ JA’.
Prop het ‘n unieke benadering tot verhoudings. Hy meng satire, ritme, energie en kulturele relevansie. Dís hoekom ‘Kwaaitjie’ (Prop se debuut-enkelsnit) so vinnig Goue Status bereik het. Hy het hierdie einste resep ook gebruik vir ‘Sêra Sê Ja’. Dit herinner mens om saam te lag en grapppies te maak, want dit help om mekaar se foute te aanvaar en bande van liefde en begrip te vorm.
‘Sêra Sê Ja’ is meesterlik vervaardig in samewerking met Murray Lubbe, die treffer-vervaardiger agter menige Afrikaanse treffers. Jy sal wil dans en saamsing.
‘Sêra Sê Ja’ sal mooi inpas op Afrikaanse braai-, sokkie- en dans-speellyste.