Richann Brussow en René de Klerk het mekaar ontmoet as deelnemers van ‘Boer Soek ‘n Vrou’. Hulle het vinnig agtergekom hulle deel ‘n liefde vir musiek en hulle duo-groep Reën het met hulle eerste treffer ‘Vrystaat Vlaktes’ groot opslae gemaak en baie vinnig ‘n gunsteling geword onder Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers. René het na 3 enkelsnitte die spreekwoordelike leisels aan Nolene Spinks (ook bekend as Spinksie) oorgegee. Reën se opgewekte duo-treffers is vir vele mense soos plattelandse musiek-medisyne.