Niemand sit Kurt Darren in ‘n hoekie nie, tensy daardie hoekie ‘Die 80’s’ is en wie beter om ons terug te neem na ‘n plek van catchy pop-hooks en disco ligte.
Kurt is in sy element en dit is asof hy sy hele lewe lank gewag het om dit te doen. Hy het regdeur sy loopbaan as die koning van sokkie ‘n positiewe uitkyk op die lewe. Dit is duidelik dat Kurt ‘n aanhanger is van die 80’s. Daarom bring hy die ikoniese klanke terug van daardie era. Dit bevestig hoekom hy die afgelope 27 jaar ‘n multi-SAMA wenner en -genomineerde kunstenaar is.
So, sit jou selfoon eenkant, perm daardie hare en kom ons gaan partytjie!