'Steek Ons Liefde Aan Die Brand'-duo verwag eersteling

Jack & June is ‘n liefdevolle duo wat begin is deur die getroude paartjie Jacqueline Token & Peter Hoven van Stellenbosch.  

Plat op die aarde, het dié twee stemme die Afrikaanse musiekbedryf laat regop sit met hulle eerste enkelsnit ‘Steek Ons Liefde Aan Die Brand’, oorspronklik geskryf deur Jack & June. Hulle vertel stories van hulle lewe en getroude lewe, sonder om enige iets weg te steek.  

Nou gaan dit nie meer net die musiek wees wat ‘n bietjie lawaai in die huis gaan veroorsaak nie, maar dié twee verliefdes verwelkom binnekort ‘n eersteling in die huis. Dis reg – Jacqueline is al 23 weke swanger met hulle eersteling! 

“Ons verwag ‘n liewe klein dogtertjie en haar naam is Hephzibah. Ek is heeltyd honger en vleis proe nie meer dieselfde nie”, verklap Jacqueline baie opgewonde!” 

Pa Peter is reeds besig met die beplanning van ‘baby proofing’ in en om die huis en sorg dat Jacqueline nie meer swaar goed optel of skuif nie. 

Ek is baie opgewonde en dankbaar dat ons n dogtertjie kry…Die tyd raak nou min en daar is nog baie om te doen, maar die blydskap oortref alles”, vertel Peter. 

Hephzibah is uitgereken om haar opwagting in die eerste week van September 2021 te maak wat ook tuis sal gebeur.   

Ek kan fisies nie meer wag om haar te ontmoet nie. Die Here is in beheer van die res”, vertel Jacqueline.  

Jack & June is ook tans besig om te werk aan hulle nuwe enkelsnit wat binnekort beskikbaar sal wees. Dié nuwe liedjie gaan meer oor die ligter kant van die liefde wees.  

JackAndJune01

STEEK ONS LIEFDE AAN DIE BRAND

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter