Dit het alles begin met: “Ek sing elke dag in my bad totdat ‘n platemaatskappy my teken…”. Nou is Taye ‘n Select Musiek kunstenaar met haar eerste enkelsnit “Nico 10”!
“Nico 10” sinspeel op die woord nikotien en gaan oor ‘n ou wat ‘n slegte invloed op haar is, maar sy’s verlief…
Pop en alternatiewe klanke bring die liedjie bymekaar en gaan jou verslaaf maak aan die lirieke en Taye se ongelooflike stem.