LAAT BRENDAN JOU VAT VIR 'N TOER OM DIE VLOER

Na die reuse sukses van Brendan Peyper se ‘Insomnia’ EP (mini album) bekendstelling asook die enkelsnit-sukses van ‘Insomnia’ en ‘Meisies Soos Jy’, fokus Brendan nou op sy 3de enkelsnit vanaf die EP – ‘Toer Om Die Vloer’ en as jy die song hoor sal jy verstaan hoekom hy nie sonder ‘n video kan gaan nie!

Ons toer in die video saam met Brendan, sy band en ‘n boer wat net ‘n dansmaat wil hê om mee te sokkie. Hy soek dit oral en met al wat ‘n voorwerp is, maar op die ou einde is daar net een plek waar ‘n man sal regkom en dis op Brendan Peyper se musiek! Hierdie treffer het al reeds in die Top 10 gaan draai met die vrystelling van die album en daar is geen twyfel dat hy sy terugkeer sal maak met hierdie spoggerige video nie. Stof jou vellies af en vat ‘n boer vir ‘n toer om die vloer, want jy weet nie wat jy mis nie!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter